top of page

New Arrivals

My Story

1707569369133.JPEG

So bietjie meer oor die nuwe gesig agter Nish Nosh...

Ek is Engela Strydom.  Ons woon en boer met vrugte in die Langkloof.  Die natuurskoon is beslis ń inspirasie om kreatief en skeppend te leef.  Ek is ń gekwalifiseerde juwele ontwerper en goudsmit.  Ek het Blommies Jewellery, hoofsaaklik polymer klei reeks, in 2021 gevestig en ń wye mark bedien onder andere op Takealot.  Loer gerus in op my webtuiste www.blommiesjewellery.co.za.

As vorige kliënt van Nosh Nosh was hierdie geleentheid daar om aanvullend met my ander besigheid, Nish Nosh oor te neem by Anesia en om ń stap in geloof te neem.
Geloof is die kern van my lewe en daarom onderneem ek ook om die beste diens te lewer binne die kortste tyd moontlik.  Vader gee geleenthede en hierdie is deel van die groot drome wat Hy moontlik maak.

Droom groter en vra groter.  
Droom groot, droom so groot dat jou drome jou begin bang maak! Want dit is hoe my storie begin het....

Aan die lojale bestaande Nish Nosh kliënte, baie dankie vir julle vertroue in Nish Nosh waar ek julle steeds kan voorsien met kwaliteit produkte.  
Welkom aan die nuwe kliënte, mag jy ook soveel genot en seën uit Nish Nosh verkry!

Surely goodness and mercy shall follow me all the days of my life: And I will dwell in the house of the LORD for ever.
Psalm 23:6 KJV

Liefde
Engela
Nish Nosh

Contact

Feel free to contact us

bouquets_0004_93-2218414.png

Whatsapp

084 251 2483
bottom of page